Hoe lyk jou stad-kompetisie: Mooie dorp, Heidelberg

  • 0

Ons mooie dorp, o Heidelberg                
Hier waar ons woon en werk
Ons mooie dorp, o Heidelberg
Waar die Langeberge troon

Ons mooie dorp, o Heidelberg
Met natuurprag om te aanskou
Ons mooie dorp, o Heidelberg
Waar ons aanstap deur die dou

Ons mooie dorp, o Heidelberg
Met vlaktes wyd en ver
Ons mooie dorp, o Heidelberg
Hier waar die skape blêr

Ons mooie dorp, o Heidelberg
Waar kuns en talent seëvier
Ons mooie dorp, o Heidelberg
Met die fraaiste klippe by die rivier

Ons mooiste dorp, o Heidelberg
So ryk aan landbou en klei
Ons mooie dorp, o Heidelberg
Hier woon ons vreedsaam en vry

Klik hier vir inligting oor hierdie kompetisie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top