– Op reis van Potchefstroom na Pretoria
Die Hoëveldse winter is mooi.
Kyk hoe verbrand lyk alles.
Langs snelweë staan reuse
die een na die ander.
Kragpale.
Mynskagte.
Die lug is geweldig.
Ons ry en ry.
En skielik sak die son.
’n Kameraskoot.
Wat verby is, is verby.

