Hoe lyk jou stad-kompetisie: Egoli 2050

  • 0

die politici het jare gelede hulle sin gekry
die staat het die myne genasionaliseer
die verdienste het gesak en die suurwater gestyg

die fondamente van staal en beton het verkrummel
die goudstad van die wêreld het weggesak
een na die ander het die toringgeboue met siddering
gekantel en in die onbekende dieptes verdwyn
elke keer met ‘n stofsambreel, en dan die stilte van die dood

die verkeer moes om die stad herlei word
reuseborde by die padversperrings: GEVAAR … SINKGATE
die rykmansdrome van goue strate, nou die nagmerrie
van bankrot maatskappye en bankstate in die rooi
straataf syfer dik slymsuurwater deur die rommel

die betonwoud en die berge van mynsand het
na die honger maag van die aarde teruggekeer
eiendom van die staat

 

Klik hier vir inligting oor hierdie kompetisie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top