Hoe lyk jou stad-kompetisie: Die Moot

  • 0

As jy in die Moot grootgeword het, sal jy weet
Sy ken jou geheime en weet van jou leed
Jy bly geanker aan die naelstring van haar die Moot
En as jy te lank wegbly, raak die verlange te groot

Die Moot se mense is gasvry, vrolik en spontaan
Maar as jy droogmaak sal iemand jou vermaan
In die Moot mag my hard lag en jou hond aanhou blaf
Die Moot se mense mag nog kaalvoet gaan draf

Die skole in die Moot is beslis iets besonders
Daar’s daagliks ’n balans tussen rampe en wonders
Mootmense glo aan rugby, braaivleis en boeremusiek
Dit maak ons soos al die ander Afrikaners uniek

Maar as jy lank genoeg in die Moot sou bly
Kom jy agter jy’s nêrens anders so tuis en so vry
Die reën hier is harder en ’n sonondergang mooier
Die nooientjies se lippe is soeter en rooier

Ek wil nou eenmaal nêrens anders leef
As in die klank en reuk wat aan jou bly kleef
Nêrens anders is roomys so lekker en ons vreugde so groot
As in die koesterende hartjie van ons moeder die Moot

 

Klik hier vir inligting oor hierdie kompetisie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top