Hoe lyk jou stad-kompetisie: Bloemfontein

  • 0

Bloemfontein

Bloemfontein, rosestad
aan jou wil ek hulde bring,
maar kan jou lof nie meer besing –
rose is daar nie meer

aan jou wil ek hulde bring
wat ver kan strek, wyd en suid
dan verval ek in muit
wat verder uitkring

wat ver kan strek, wyd en suid
soos ons Heer se genade,
vir my, sondaar geskape,
wat vloek "die beelde is gebuit"

soos ons Heer se genade
waak die vrouemonument
oor ons volk se sentiment
kompleet dragonnade

waak ons vrouemonument
wat ver kan strek, wyd en suid –
aan jou wil ek hulde bring
Bloemfontein, rosestad

Klik hier vir inligting oor hierdie kompetisie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top