Hoe lyk jou stad-kompetisie: Benoni

  • 0

Waar kruip jy weg vanaand?
Jy dwaal in die strate, skaars sestien,
Jou kop in jou skouers getrek.
Het jy verdwaal, of is jy net weg?
Tussen die gees en die vlees, wie sal wen?

Jou skouers trek krom.
Jou asem raak min.
Die son skroei.
Sal ‘n bietjie mykap jou kan red?
Of is dit te laat?
Jy het ‘n miriekel nodig, dis al.
Sorrie ek kan nie help nie, ek’t ook geval.

Vrolik dans hul met geverfde gesigte.
Net ‘n brood Mêdem, asseblief.
My beursie is al weer leeg.
Flikker, winkend-singend is ek gelok,
maar jou hand was toe. Al weer.

Uit die donker kyk ek vir jou, jy blink.
In die son kyk ek vir jou, jy’s weg.
Verskans onder jou rookkombers.
Asem, Benoni, maar nie te diep.
Dalk sal jy môre ook sien.



Klik hier vir inligting oor hierdie kompetisie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top