’n Hele aantal omgewingsgerigte literêre artikels het onlangs in LitNet Akademies verskyn, onder andere: Wat oor is, is die Self: verblyf in ’n boomholte in Wilma Stockenström se Die kremetartekspedisie Plek en ingeplaaste skryf. ’n Teoretiese ondersoek na ingeplaaste skryf as ekopoëtiese skryfpraktyk. Dit wil dus voorkom of daar ’n groeiende belangstelling in Afrikaanse geledere is in die studie van die mens se verhouding met plek en hoe dit identiteitsvorming beïnvloed. Navorsers op die gebied van omgewingsgerigte literêre studies is uitgenooi om deel te neem aan ’n webseminaar oor die stand van ekokritiek in die Suid-Afrikaanse akademie. Is die tendens aan die groei? Wat is die belang hiervan? Wat onderskei Suid-Afrikaanse ekokritiek, teen die agtergrond van die land se komplekse geskiedenis, van dié van internasionale prentjie? |
|
Lees Reinhardt Fourie se bydrae: "Ons word daagliks deur nuusberigte oor wildstroping, mynbedrywighede, kernrampe en groot natuurrampe tot die besef gedwing dat die vernietiging van die omgewing ’n aktuele impak op ons lewens het. Navorsers het hierop begin reageer en die ekokritiek sal in die volgende twee dekades ’n nóg belangriker ondersoeksrigting word ..." |
|
Lees Andries Visagie se bydrae: "As ’n mens daaraan dink dat een van die oudste en bekendste gedigte in Afrikaans, Eugène N Marais se “Winternag”, ’n natuurvers is, is dit seker nie verbasend dat die ekokritiek uiteindelik in die Afrikaanse literatuurwetenskap ook begin vaart kry nie." |
|
Wil jy ’n bydrae lewer tot hierdie gesprek? Stuur jou voorstel aan naomimeyer@litnet.co.za." |
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.