hitsig

  • 0

as jy
’n ram wil wees
my enigste allenigste
langbeenseun,

moet jy
nek kan uitsteek
en jou ore skerp kan spits
beide jou volgeknipte kykers stip
deur ruigtes van swaaiende halms kan laat breek
en jou ferm horinkies spitsig priem
poenskop en parmantig
los kan skud

my liefste liewe
huppelkind,

moet jy
jou donsige natsnoetneus se vleuels
wyd en windaf styf kan span
en dieper agterblads
subkutaan stil en skril
kan vibreer

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top