"Hildamari" deur Hennie Pretorius

  • 0

Hildamari

(Opgedra aan my dogtertjie)
Dit was noord van die Soutpansberg
wat die plaas verdun, die dam en
ruïnes verdwerg

Impalalelie, Kremetart en Bokmakierie dié gedy
Waar die wild hartseer, tog rustig en
beskerm op die mengelmoes hardekool
Bosveld wei

Word U bedank vir die negentien maande
wat ons pragtige Hildamari by ons
kon bly

Ja, U het hierdie pragtige Impalalelie
in ons Bosveld kom haal
Sodat sy in U Hemelse Bosveld tussen kremetart
mopanie en hardekool kan praal

Jare sal kom en gaan, ons wat hier agterbly
kan nie altyd verstaan
Waarom het ? ouer een nie eerder gegaan?
Dit was tog die begin van haar lewensbaan
? jong groen takkie van mopanieblaar

Droë hardekool, dié verbrand ‘n pad waar
ons ouer mense op beland
Ons Bosveld dié word leeg en die wild ween
Waar tog nou heen?

So stil soos die bokmakierie
Soos my kind Hildamaritjie

Gelukkig ? Hemelse Bosveld, dié is nog daar
waar ons almal eendag om ? vuurtjie kan skaar
Met die bietjie hardekool nog nie klaar
En wie weet wie sien ons dalk daar

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top