Hierdie boikot-hamer moer hard!

  • 1

Ek lees vir Maya en dink toe terug aan dae lank gelede toe boikot dit en boikot dat aan die orde van die dag was. Besighede in dorpe wat deurgeloop het, het hulself besk*t. Kettinggroepe het met die stadsrade, provinsies en regering beraadslaag en gou-gou het die boikotters in hul doel geslaag.

Nou nog, kyk maar na Vavi en sy klomp. Om te staak is eintlik ook maar net ’n boikot-aksie. Jy boikot immers die plek waar jy werk. Dan is daar nog die groot optogte ens.

Hoekom kan ons nie die Karoo red deur die fracking Hollandse Shell te boikot nie?

Jy ry net verby en trek in by ’n ander branstof/diesel-"brand".

Mos maklik. Watse gesukkel is dit dan?

Groetnis

Raed-na-Gael

  • 1

Kommentaar

  • ’n Baie geldige punt Raed-na-Gael. So’n paar jaar, dalk paar dekades, gelede in Duitsland het die vrouens vir ’n ruk melk geboikot en dit het gewerk; sommer gou-gou is die buitesporige pryse aangepas. 

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top