"Hier by jou" deur Engela Pretorius

  • 0

Hier by jou

Agter ? berg van verlore drome
Langs ? rivier van verslawing
Onder ? lugruim vol haat
In ? land vol rampe en kwaad
Sit ek en voel hoe my foute my kou
In die middel van opgee en aanhou
sit ek en ek raak verlore
In myself begin ek twyfel, en in my drome
Dan klop ek aan haar rooi geverfde deur
En sy maak koffie sonder woorde
tel haar kitaar op en praat in akkoorde

REFREIN:
Ek is veilig tussen mure
Hier by jou
Ek vlug, ek vlug, ek vlug
Van alles af wat aan my klou
Hier is nie haat nie, hier is nie haat nie
Ek verdwyn in my vlees
En dit skyn
hier by jou
Ek vind vrede vir my gees
hier by jou
My pyn verduister onder jou snare
en ek genees
Hier by jou
Hier is nie haat nie, hier is dit nooit te laat nie

Hier bo-op selfmoord en verlore vertroue
Tussen ? klomp afbrekende woorde
Langs vreeslike vloeke en gille
Agter die lippe van brullende woede
Voor al die mal stemme
Tussen ? klomp bewolkte ritmes
Onder dodelike donderweer
staan sy kaalvoet in die reën
Beeldskoon en deurmekaar
Tussen vele donker figure
brand haar klanke steeds soos vure

Jou kitaar omhels my, jou musiek dans in my
Jou woorde tref my
Jy tref my, jy tref my

REFREIN

Ek smag na stilte vir my vrese
soos dromme in my gemoed
Ek smag na vryheid vir my gewete
soos gif bly dit in my bloed

Jou klanke verf vir my 'n nuwe pad, 'n nuwe pad
Jou lirieke kerf vir my 'n uitkoms net hier in die palm van my hand

Onder ? lugruim vol haat
In ? land vol rampe en kwaad
Staan sy kaalvoet in die reën
Beeldskoon en deurmekaar
Tussen vele donker figure
Brand haar klanke steeds soos vure

Jou glimlag is opreg, ek wil jou in my arms omvou
En ek onthou
al die redes hoekom ons nooit
Al die redes hoekom ons nooit

En haar engelklanke vul die lug
Elke deel van my menswees breek
En ek versag saam met die maanlig
terwyl sy my pyn verlig
Haar skoonheid ruk my wakker
en haar engelklanke voed my siel
Terwyl my moedswillige opstand smelt en verniel
Ek voel haar reinheid aan my pluk, aan my pluk, aan my pluk

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top