"Hey, hey, ma" deur Linda Jansen van Rensburg

  • 0

Hey, hey, ma

My outop ry ? skedonk en my ma die loop heeldag rond
My boetie verbeel hom hy is PI Monk en ek is alweer ? bietjie dronk
Ons bly aan die verkeerde kant van die spoor en het alreeds alles verloor
Die huisies staan teenmekaar en al die snotneus kleintjies maak my naar
Hier en daar loop die mense goed en pand, almal try maar vir ? ekstra rand
Dan hoor ek weer die stoep se deur en my ma se stem deur my skeur
Ek sê kom hier boetie as ek jou roep, nou sit jy nog en rook ? zol op die stoep

REFREIN:
Ek sê, Hey, hey, Ma, gaan drink ? pil en chill, drop die act en bly ? bietjie stil
Hey, hey, Ma, wat bly jy so betoog, waarom skiet jy my met jou pyl en boog?
Hey, hey, Ma, ek probeer ook maar nog om my doel in die lewe te vind

Toe kry ek maar weer my koers want my pyplyn voel gedoem
Daar is ook hopeloos te veel reëls waaraan ek moet voldoen
Ek is onder beheer en niks en niemand gaan my keer
om meer van die wêreld en sy ou dinge te leer
Hoekom dink julle altyd ons tieners se hormone is te hoog
en loop julle grootmense die hele dag en betoog?
Ek bly dalk aan die kant van die spoor, maar het nog nie my drome verloor

REFREIN

Ek sê, Hey, hey, Ma, gaan drink ? pil en chill, drop die act en bly ? bietjie stil
Hey, hey, Ma, wat bly jy so betoog, waarom skiet jy my met jou pyl en boog?
Hey, hey, Ma, hou nou op en chill, my plek in die lewe sal ek nog vind

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top