Het jy ’n probleem daarmee om vir ’n vrou te werk?

  • 2

“Het jy ’n probleem daarmee om vir ’n vrou te werk?”

Dit is een van die vrae wat ek tydens ’n onderhoud in die negentigs moes antwoord en ook die eerste keer dat ek dít gevra is. Salig onbewus dat dit ’n ding is. Die reine waarheid is eerder dat ek ’n probleem het om vir enigiemand te werk, en meer spesifiek, te “werk”. Slawerny sit steeds stewig in die saal en solank die blou bal draai, sal dit ’n instelling bly. Geslag pla my nie, maar die aggressiewe, minagtende gender wel. (Vergun my om uit die staanspoor te bieg dat ek moedswillig is. ’n Huishulp het my eenmaal ’n vuursteker genoem – nog lank voor Blitz; katalisators speel wel ’n belangrike rol.)

Ek lees in hierdie stadium The Parasitic Mind deur Gad Saad. Die hoofbetoog en algemene strekking tot dusver (ek is nog in die vlakwater) lui merendeels só:

  1. “Unlike the great majority of my highfalutin colleagues who take great pride in being ivory tower-dwellers, I am a professor of the people.”
  2. “There is NOTHING more important than fighting for freedom of speech, freedom of conscience, and a commitment toward science, reason & logic over quasi-religious dogma.” (Die vetdruk en waar onderstreep is, was ek.)
  3. “The idea pathogens that I discuss in this book stem largely if not totally from leftist academics. Postmodernism, radical feminism, cultural relativism, identity politics, and the rest of the academic nonsense were not developed and promulgated by right wing zealots.”
  4. “These idea pathogens destroy our understanding of reality and common sense by espousing such positions as: invisible art is a form of art, all sex differences are due to social construction, and some woman have nine-inch penises.”
  5. “There is an ever-increasing ideological pressure to come up with more egregious departures from reason, as a signal of one’s progressive purity.”
  6. “I quickly recognized a great paradox: universities are both the source of scientific truths and the dispersers of outlandish anti-truths.”
  7. “Those who believe in equality of outcomes receive top-paying administrative jobs. Those who believe in meritocracy are frowned upon. If they go unchecked, parasitic idea pathogens, spawned by universities, eventually start to infect every aspect of our society.”
  8. “I quickly learned that most academic feminists were profoundly hostile to evolutionary psychology.” (Sex differences might be rooted in evolutionary realities.)
  9. “In the immortal words of George Orwell, ‘One has to belong to the intelligentsia to believe things like that: no ordinary man could be such a fool.’ The proliferation of many of these bad ideas has yielded reward mechanisms in academia that are upside down. The herd mindset is rewarded. Innovative thinkers are chastised.”
  10. “Houston, we have a problem.”

Sommige van die aanhalings is waarskynlik irrelevant, maar verdien nietemin vermelding. Die appeltjie wat ek vandag moet skil, raak die Xanthippe ‒ as sy nie haar sin kry nie, gooi sy ’n knopbek en daarom gaan ek die koei by die horings pak. Ek glo daar is ’n toename in, wel, radikale feminisme en meer vroue wat rondloop met ’n piel soos ’n putter/setstok (dankie Jack Parow) onder die koekeriges. Hier sluit ek nie jou Angela Merkel, Jacinda Ardern en ander in nie: vroulik, intelligent en gebalanseerd. (Nié die AA-kandidaat, voorheen-benadeeld en liggeraakte parvenu op die blok nie.)

Ongelukkig kon ek nie koëksisteer by ’n sekere skool hier in die Laeveld nie. Sommer op dag een vertel ’n waggelende walrus daar onder van parrabaai ek beter my bakkie skuif: ’n ander vrou parkeer daar en sy vat nie kak van kabouters nie. Dis die waarheid soos ’n koei. Die ander keer wil ’n ander dikke ook haar krummeltjie in die koek druk en my lukraak hiet en gebied. Ha! Dan was daar die kleintjie rissiepit wat ’n tantrum in die personeelkamer gegooi het omdat sy nie die antwoord ken nie. Ag, ’n hartseer plek waar skisofrenie hoogty vier. My standaardreaksie hang van potensiële getuies af. “Ek het nooit fokkof gesê nie, ek het gesê wadde fiedeldons.” Soms het ek ’n koekskoppie oorweeg (’n koekskoppie is ’n skoppie om ’n afgesnyde stuk koek in ’n koekbordjie te plaas. ‒ HAT) om die vrede te bewaar.

[Op hierdie tydstip in my skrywe, met die oog op die tweede gedeelte, moet die leser asseblief kennis neem van “the Dunning-Kruger effect”. Iewers op ’n blad het ek dit gegoogle: “In the field of psychology, the DunningKruger effect is a cognitive bias in which people with low ability at a task overestimate their ability. It is related to the cognitive bias of illusory superiority and comes from the inability of people to recognize their lack of ability.”]

Onlangs, dis nog vars in my geheue, het ek gepoog om sosiaal in te skakel by ’n bepaalde internetgemeenskap. O koek! praat van poog om Parnassus te bestyg. Ek kon nie verder uit die kol wees nie. My eerste kommentaar is met vyandigheid begroet ‒ ’n kloekende, knoeiende klomp personasies uit die bose, kop in een mis, henne hellbent on making men pay.

Hiér is wat gebeur het, die volle waarheid: Op ’n dag lewer ek aanlynkommentaar en ’n mede-kommentator speel my van die bal af. Ek koekeloer rond en bespeur gou ’n onaangenaamheid by hierdie MK (modekommentator). Verdere naleeswerk dui voorts dat MK gereeld na haar naaste Spar stap. Wetenskaplike navorsing wys onteenseglik dat konstipasie of seksuele frustrasie dikwels tot norsheid lei. My voorstel, die logiese volgende stap, was dat hierdie personasie (MK) Spar toe stap en ’n vibrator aanskaf ‒ verligting sit sommer gou weer ’n glimlaggie terug op die gesig. Stank vir dank, sê ek vir u! Hierdie heilige koei het vergeet dat sy ook ’n kalfie was. Faktor.

Kort daarna skryf ’n ander kantoormuis die volgende ontstellendste onwaarhede: “Gottabeentjie pyn onvermydelik oor dié kommentaar” (“Gedink 'n aanmerking soos “Ken jou plek, meisie” het al spookstatus gekry? Dink weer, sê GODRUN VAN GWD.”)

In die brief staan: “Maar my mees kotswekkende een is Henning Janse van Vuuren aka Mabalel: “Jy moet sommer by jou local Spar ’n vibrator gaan koop.” (What trash you are!)”

Omdat ek verbatim verkeerdelik en buite konteks aangehaal is, wou ek graag my kant van die saak stel. Die reaksie vanaf die blad was bloot: “Net ’n oomblik. Dit is in lyn vir goedkeuring deur Vrye Weekblad.” En só het dit gebly. My volgende reaksie was: audi alteram partem is nog 'n slagoffer van die kansellasiekultuur.

(https://www.vryeweekblad.com/menings-en-debat/2020-09-10-gottabeentjie-pyn-onvermydelik-oor-di-kommentaar/)

Ek stem saam met Gad Saad: “There is NOTHING more important than fighting for freedom of speech.” Ek wil byvoeg dat robuuste debat (en humor) noodsaaklik is en die eensydige weerhouding van ter sake opinies deur webmeesters op diskriminasie neerkom. Thomas Mann het opgemerk: “Criticism marks the origin of progress and enlightenment.” Dis nie die koei wat die hardste bulk wat die meeste melk gee nie.

  • 2

Kommentaar

  • Avatar
    Chris Erasmus

    Ek wil en gaan nie my kop in die bynes indruk nie. Ek beroep my eerder daarop om te swyg en 'n pak op die lyf te loop mis te loop. Die "track record" spreek vanself. Ek sal maar my mening vir myself hou. Een ding weet ek vir seker, nooit weer werk ek in elk geval weer vir iemand behalwe myself nie.

  • Avatar
    Henning Janse van Vuuren

    Ek gaan toevoeg tot my opmerkings oor radikale feminisme. In vandag se Beeld neem Amanda Gouws van US ‘Standpunt’ in onder die opskrif: Dié “manlikheid” lei tot geweld. Sy sê: “Wat ons in Senekal gesien het, is die uitbeelding van militêre manlikheid deur die boere en hul ondersteuners, asook die EFF-ondersteuners. Dit kon gesien word aan die kleredrag.

    ...

    “As ons kyk hoe jonk baie EFF-lede is, dan sien ons dat jong mans in manlikheid in gesosialiseer word deur geweld, wat ook bydra om hulle te laat glo dat hulle meerderwaardig teenoor ander tipes manlikheid (soos gay mans) en vroue is.

    ...

    "Wat deur manlike millitêre manlikheid omhels word, is geweld, orde, manlike idees van onderdanigheid en oorheersing.

    ...

    "Ons word herinner aan hoe Jacob Zuma tydens sy verkragtingsaak voor die hof gesing het 'bring my masjiengeweer' in ʼn tipiese militaristiese trant."

    Gelukkig is daar ook ʼn ingeligte opinie, want wat 'n inkoherente leeservaring... Mans word nie tot manlikheid gesosialiseer nie. Navorsing op kinders tussen die ouderdom van sewe dae en ses maande het aangetoon dat hoër testosteroonvlakke by seuns aanwesig is. Luidens Gad Saad, skrywer van The Parasitic Mind, “... social constructivists posit that men and woman are socialized into arbitrary gender roles, with toy preferences serving as an early manifestation of such ‘sexist’ learning.” Hy noem dit, “a nonsensical premise,” en verwys na navorsing in Swede deur Geert Hofstede.

    “What is toxic masculinity?” vra Saad tereg. “Well, it is apparently the undesirable elements of being male. This might include being hyper-competitive in sports, exhibiting social or physical dominance, or refraining from being too emotional in public.

    "One would have thought that the thousands of scientific studies documenting the biological, anatomical, physiological, morphological, hormonal, cognitive, emotional, and behavioural differences between the two sexes might have put a dent in those obstinate refusals to accept the existence of biologically-based sex differences.

    “Radical feminists do not complain that men constitute the overwhelming majority when it comes to occupational deaths. Nor do they bat an eye at the fact that men are much more likely to commit suicide, be the victim of a murder, be incarcerated, be homeless, and have a much lower life expectancy. These global realities are undoubtedly due to their toxic masculinity.

    “One should also be wary of toxic geek masculinity as exemplified by the male characters on the television show The Big Bang Theory. Note that both hyper-masculine Navy SEALs and beta geeks who belong to the Logarithms Are Cool Club are manifestations of toxic masculinity.”

    Gister, hier in Witrivier is jongmense wat op 'n kleinhoewe woon se elektriese heining geknip, die deur afgeskop en 'n pa van 'n agtjarige vermoor omdat hy sy gesin wou beskerm. Soms is daar selfs 'n oorlog in 'n koningin se naam en ander kere is die grootste opstokers die vroue wat jillend konfrontasie uitlok.

    Maar volgens US is toksiese manlikheid te blameer vir al die kak wat gebeur. Had julle maar iemand met rugstring aan die stuur gehad.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top