Helena Hettema by Die Boer Restaurant Teater

  • 0

Helena Hettema, bekroonde kabaretkunstenaar, is weer by Die Boer Restaurant Teater in Durbanville met ‘n winteroptrede met liedjies uit haar jongste CD, haar 11de, die gewilde, “Rooiwynliefde” op 17 Julie 2013 wat met lof ontvang is.

Sy sing ook musiek uit  “Spirit of Piaf and other great French Legends” onder andere die van Piaf, die Mossie van Parys, Jacques Brel, Charles Aznavour en Gilbert Becaud.

Die titelsnit, “Rooiwynliefde”  is deur Christa Steyn en lirieke oor ewigdurende liefde deur Marianne Venter. Die oorspronklike CD bevat toonsettings van groot Afrikaanse gedigte  - “In die Hoëveld” (Philip Nel), “Diep Rivier” (Eugene Vermaak) en “Katrina” (Lizanne Barnard van Marimba-faam) en nege van Helena se eie liedjies soos die lughartige “Quasi, quasi Blu” haar eerste Italiaanse/Engelse liedjie; die gewilde “Sonkring” die TV- reeks se temalied, ‘n eerste Afrikaanse/Franse weergawe en “Die trein het jou kom haal”, ‘n metafoor vir die dood, waarmee Helena haarself op clavier begelei ; asook die Karen Zoid/Bruno Andries se meesleurende “Bonnie and Clyde”. Die vertoning is ook deurweef met musiek soos die van Marianne Faithful, Nina Simone Katie Melua en Leonard Cohen. Helena sing  ook in Frans, Vlaams en Italiaans.

“Sny dieper as die vel” – Martjie Roos – Beeld
“Een van ons beste sangeresse” – Rapport

And boy can she sing. Hettema has a voice that ranges from crushed silk to wet gravel and she uses it with sensitivity and skill. It was a stirring performance..great opportunity to see one of South Africa’s finest performers in action.” Peter van der Merwe, Pretoria News.

“Her interpretations of the music of Piaf and Brel are almost legendary. She is one of South Africa’s glossy by-products of the cabaret circuit” – Rooi Rose.
Besprekings by: Die Boer (021) 979-1911/ 0834060111

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top