Helaas ... die reënboogwaas!

  • 0

Foto: Canva

Helaas … die reënboogwaas!

Metdat sommiges
op hoë trone rondlê
leeglê, slaplê
en so gretig
aan die land
se binnevet
weglê,
word ander
voorgesê
afgesê
en hulle regte ontsê
terwyl hulle platgeslaan
moet bontstaan
om die vure dood te slaan
en toekyk hoe hulle erfreg
in ’n reënboogwaas vergaan.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top