Hekelstories

  • 2

Foto: Canva

Hekelstories

Moenie huil nie, mamma
Ek huil nie lank nie
Al sit die trane vlak
Ek hekel nog ’n mannetjie
Hy smile vanaand
Sy steke effe krom

Moenie huil nie

Ons maak ons eie monsters op
en myne is net vol stuffing 
Sy groen ogies terg my
maar sy arms is stil

Ek kan hom op die kas sit
Of onder my kussing
en lekker lag
Oor sy krom ore

Hy skree dalk in die nag
en vertrap my drome
en dink hy is groot
As hy my vlerke krap

Maar ek vang hom in die daglig
Strik hom vas
Hang hom aan ons boom
En na Kersdag haal ek hom af

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top