Heel

  • 4

Foto: Canva

Heel

In diepte deurdink
voos en flenters, 
siek en sat.
Jou siel se saamdra-seer weergalm in die stiltes van huise waar ons gebly het, 
soos jou vingers hulle pad vind op die swart en wit.
Die note vol verniel en vreugde, 
verlange en vrede, 
wit en swart.
Jou siel spoel al die skulpe op die strand van jou skuiling uit, 
van een noot na die volgende, 
brander vir brander 
weergalm
tot in my diepste wese, en kom maak my weer heel, 
breek af wat die wêreld vir my vertel, weergalm tot by die waarheid, 
my waarheid.
My siel, so gebind aan jou, 
aan jou verniel en vreugde, 
verlange en vrede. 
En met vreugde en vrede speel jy jou laaste sielsnoot, 
maar dit weergalm deur my diepste denke, 
my voos en flenters, 
my siek en sat. 
En maak weer heel.

  • 4

Kommentaar

  • Danielle Coetzee

    Ek lees nie net haar woorde nie, ek voel dit.
    Haar passie, deernis en liefde. Mag sy geseën word en daar nog vele spruit uit haar talent.

  • Christo Bothma

    Jo jo, wat 'n goeie, netjiese Afrikaanse woordgedig.

    Jy mag maar. Diep, diep goeie woorde.
    Laat my ver ver dink.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top