Cornelius
Waar om te begin. Kobus se “collage van waansin, vyf dele” is ’n baie goeie beginpunt. Dit is wel bekend en staan as ’n maklike verwysing van dit wat jy kwytgeraak het. Die ironie is natuurlik dat die huigelaar wat jy is, jy my sal uitskel vir “plastiese spoeg en plak” net soos jy in die proses besig is om verwoed te plunder vanuit Wikipedia en jouself besig was om te spoeg en plak laat dit spat.
Of die geleentheid toe jy skyf, hoe jy weet jy weet niks, en dan onmiddellik aangaan asof jy weet sonder enige twyfel net soos jou oom, Comestor doen, publiseer ’n boek oor twyfel en die belangrikheid daarvan om ewewigtigheid tussen ekstreme standpunte te vind en dan voortgaan om sonder enige twyfel die weerhouding van demokrasie te verkondig.
Indien jy werklik glo dat jy meer sien as dit wat deur my gesien kan word, laat dit dan so wees, sekerlik sal jy nie anders oortuig kan word nie. Die voorspelling is dat alles wat jy “ekstra” sien, juis dit is, ’n ekstra toevoeging tot die werklikheid wat jou eie maaksel is.
Is dit nodig om Tao en Thau te besoek, of Shekhina. Die hele debakel met “spontaneous evolution”, of rampspoedige aanbiedings deur jou van Greene, Sagan et al en alle gevalle bied jy jou aan as die finale gesag en skel verwoed die wat durf kommentaar lewer daarop.
Net so jou wanaanbiedings oor Midrash, of die misverstaan van wat teologie is. Dit alles komende van jou in die bespreking van ’n enkele teksvers. Die Zombies en dan bedank Oom Daan jou.
Behoede die persoon wat van jou kennis moet ontvang. Onthou byvoorbeeld die Adam waaroor jy so opgewonde was en dan skryf NatGeo dit soos volg “Adam”.
Genoeg vir eers en word met die volgende afgesluit ...
Hazlitt skryf die volgende:
Burke (Henn) had the power of throwing true or false weights into the scales of political casuistry, but not firmness of mind enough (or shall we say, honesty enough) to hold the balance. When he took a side, his vanity or his spleen more frequently gave the casting vote than his judgment; and the fieriness of his zeal was in exact proportion to the levity of his understanding, and the want of conscious sincerity.
Jy tot die letter.
Wouter

