"Hartland" deur Izak Pretorius

  • 0

Hartland

My hart trek punt en die verlange loop vêr
tot daar waar skaap- en boklammers blêr
Ek smag na my droë, dorstige land
Namakwaland, my hart se pand

Vlae reën stuif oor laagte, rantjie en kop
en die dorre aarde slurp dit gulsig op
Deur 'n skeur in Sy saaisak het saad gestort
en die velde omheen het kleur geword

Die wêreld's gebaai in wit , goud en pers
dis 'n Josefskleed, 'n blomkombers
So verloor ek my smart in gousblom se hart
Ek's gelukkig, tevrede, soos lank, lank gelede

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top