"Hartelose meisie" deur Jeanine Lloyd

  • 0

Hartlose meisie

Sewe jaar van haar lewe het sy weggegooi op ’n kans van liefde. Sewe jaar het jy van haar lewe weggesteel. Op al haar drome het sy opgegee en struikel nou om haar pad weer te vind. In drank en leë verhoudings het sy haar troos gaan soek. Die lewe wat eens vir haar iets beteken het, het jy verroes, maar vandag weet sy dit.

Koor

Sy is ’n hartlose meisie, op soek na geluk. ’n Hartlose meisie wat sukkel om haarself weer te vind. Jy’t gesê jy het haar lief, maar jou woorde verdwyn soos die koue op haar gesig in die somerson. Sy is ’n hartlose meisie en dis al wat sy nou ooit sal wees. Haar hart is in stukke gebreek wat saam met die Augustus-winde wegwaai.  ’n Hartlose meisie en dit net oor jou.

Jy’t belowe dis net jy en sy vir altyd en ewig. Jy’t gese jy wil saam haar wees tot die donker julle sou kom haal. Jou ysblou oë kon geen leuens in haar hart vertel. Sy verloor haarself gereeld in die gedagte van jou en jou woorde aan haar, maar sy’t jou al lankal verloor en tot haar besef het jy haar hart oorwin en nou staan sy alleen om die stukke daarvan op te tel. Nooit sal sy jou werklik vergeet nie. Al probeer sy jou wegskuif, bly die leemte in haar hart.

Koor

Sy is ’n hartlose meisie, op soek na geluk. ’n Hartlose meisie wat sukkel om haarself weer te vind. Jy’t gesê jy het haar lief, maar jou woorde verdwyn soos die koue op haar gesig in die somerson. Sy is ’n hartlose meisie en dis al wat sy nou ooit sal wees. Haar hart is in stukke gebreek wat saam met die Augustus-winde wegwaai.  ’n Hartlose meisie en dit net oor jou.

Haar  hart het sy verloor toe jy besluit het dis verby. Dalk eendag, ja eendag, sal sy weer lief kan hê. Tot dan sal sy ’n hartlose meisie bly. Dit is al wat sy nou kan wees.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

Top