Harte(d)loss
Ek sien hoe verander kleur op kleur
sien hoe verander jy weer en weer
Ek wens dinge kon bly soos dit was
Wens my hand kon nog in joune pas
REFREIN:
Jy's harteloos, 'n regte
doos vol herinneringe
oopgemaak op 'n Kersaand
Ek speel in strate van verlange
Ek mis jou, ek mis jou so
Ek wonder of jy ook oor my wonder
ek kan nie sonder
Jou hartelose mens, 'n regte
doos vol herinneringe
oopgemaak op 'n Kersaand
Sien ver genoeg, sien hoe verander kleur op kleur
Sien hoe verander jy weer en weer
Snags die eie in ons eie silwerdoek
Kyk hoe het liefde jou siening vervloek
Sê my wat is die vinnigste pad
uit hierdie godsverlate gat?
REFREIN


