Hartedief
? Gebroke avontuur in die palm van sy hand
Soos die vlamme van 'n vuur sal dit in sy oë bly brand
Binne hom is daar 'n vloed wat nie in sy are woed
Met sy hele wese smag hy om sy denke te bevry
Met elke noot in sy keel gaan hy julle harte steel
Luister gerus na wat sy hart se snare speel
REFREIN:
Uit die handboek van sy seer gaan hy jou van genesing leer
Uit die hoeke van sy pyn gaan hy sy lig laat skyn
Verloor jouself in die ritme van sy lied
Vind jouself in die waarheid wat dit bied
Maak oop jou hart sodat hy daarin kan gly
Maak oop jou oë en sien in wie en wat hy glo
Al stel hy soms teleur
Sal hy deur jou skanse skeur
Anker sy kreet in jou borskas
Gespe dit styf vas
Laat dit deur jou vloei
tot jou hart ook bloei
BRUG:
Alle seerowers is opsoek na versteekte skatte
Hy's net opsoek na gebroke harte
Alle seerowers is opsoek na versteekte skatte
Ek's net opsoek na gebroke harte


