Hart van steen
Oseane en riviere bloei
reënwoude word uitgeroei
Die verskroeide aarde kom
maar niemand gee ’n flenter om
Kinders bly op ashope
eet oorskietkos uit ’n vullisblik
Mense kom in hordes om
maar niemand gee ’n flenter om
KOOR:
Ek en jy dra saam die blaam
ons behoort ons dood te skaam
Almal sit en staar
terwyl die wêreld sterf
Heuningbye het heengegaan
treurwilge stort ’n traan
Moeder Natuur word verkrag,
sterf ’n bietjie elke dag
Kreef, galjoen en selakant
olie, goud en diamant
Ons het die aarde slegs geleen
die mensdom het ’n hart van steen
KOOR:
Ek en jy dra saam die blaam
ons behoort ons dood te skaam
Almal sit en staar
terwyl die wêreld sterf
Wat gaan jy eendag sê
as jou kinders vra
Wat op aarde het julle gedoen
met die ysbere en perlemoen?
KOOR:
Ek en jy dra saam die blaam
ons behoort ons dood te skaam
Almal sit en staar
terwyl die wêreld sterf
Almal sit en staar
terwyl die wêreld sterf
![]() |



