Hart van glas
ek sien 'n ster verskiet
dit praat met my
dit gee my 'n wens
'n droom vir my
die nag se stilte
vou om my heen
waarom is ek tog so alleen
jy is die antwoord
op my gebede
my toekoms
my hede
my lewe
laat my weer liefhê
laat jou liefde vry
haal uit jou hart van glas
jou liefde vir my
dit sal nie breek
nie flenters val
laat my weer lewe
laat my weer liefhê
laat jou liefde vry
vir my



Kommentaar
Heleen, jy is nou maar net 'n woordkunstenaar en ek hoop van harte dat jy wen!
'n Groot JA vir jou kuns [lirieke] in hierdie kompt!! Groete, Lettie
Sjoe Heleen, jy speel so so wonderlik met woorde!! My HOOP en WENS is beslis op jou!!
Baie baie mooi. Het geniet om dit te lees
Die nag se stilte wat om jou vou, voel ek ook om my vou!
Heleen, jy is wondersoet met jou woorde!! Wat 'n voorreg om dit te lees en jou te ken! Ek hoop jy WEN!!