"Hart-bloei-sels" deur Petri Steyn

  • 0

Hart-bloei-sels

Al die blomme wat so bont geblom het in my hart
het jy vertrap tot smart
Die kosmos se wit en pienk en rooi madeliefies
en heide helder en mooi, fraaie vergeet-my-nietjies
en die allerfynste magrietjies

Selfs nie eens die eensaam viooltjie wat wou bly staan
kon jou wrewel ontgaan
Maar is tussen jou vingers gekneus en gepars
totdat dit rooi van viooltjie-pers bloed was

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top