"Harlekyn Van Harte" deur Wesley Conradie

  • 0

Harlekyn Van Harte

Ek het al baie harte gebreek
My vriende in die rug gesteek
Met hul harte gedans
en dit sommer net daar gelaat

REFREIN:
Ek was 'n seerower opsoek na skatte
Gegrawe vir goud, toe grawe ek grafte
Ek was die harlekyn van harte

Ek het al soveel keer geval
En in ander se harte rondgedwaal
My emosies deur hul gange gesleep
En al die mure afgebreek

BRUG:
Toe ek myself wou vind
Staan ek soos duisende voor my
Want so baie stukke van my hart het agtergebly

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top