Hans Richardt

  • 0

Hello Hans

As sodanig het ek nie ’n probleem met jou nie en was dit “koos sas” wat jou in die gemors gedompel het, met sy besluit om jou as die verteenwoordigende deelnemer of as riglyn van die standaard-deelnemer te probeer verhef.

’n Ander deelnemer het egter reg deur “koos sas” se motiverings gesien wat as doelwit die sensuur van Jan Rap gehad het van “koos sas” se kant af.

Met dit as die agtergrond is jy op die voorgrond geskuif sonder enige goeie gronde en is “koos sas” die forum nou nog voorbeelde verskuldig van die standaarde wat hy kwansuis daar sou wou stel, deur briewe uit sy hand te publiseer. “Meta-kritiek” is net te maklik, terwyl die werk van kommentaar nie so maklik is nie. Daarom is dit altyd makliker om die man te speel as wat dit is om die bal te speel.

Ek sluit hiermee af, alhoewel ek van mening is dat die oorgrote meerderheid van jou briewe gekenmerk word deur ongekunstelde spontane banaliteit, ’n nimmereindigende “stream of consciousness” is dit nie my plek om te fokus daarop nie en gereeld kommentaar daarop te lewer nie.

Dit word dus as die laaste kommentaar van my kant af aangebied. Daar kan gekies word wat die besoekers hier wil lees net soos LitNet as gasheer alle deelnemers die geleentheid bied om hulle menings hier te publiseer en daarom word geen ander kritiek teen jou publikasies gebied nie.

Ons almal neem deel as gaste en is daar geen gronde van my kant af waar jy jou menings verhoed kan word nie, net soos dit vir alle deelnemers ook waar is.

Geen verdere kritiek dus.

Baie dankie

Wouter

  • 0

Hans Richardt

  • 0

Hans, jy sê Namib moet hom uithou uit SA se sake. Dan sê ek vir jou: hou jy jou ook uit Namibië se sake. Jy's mos die een wat sê dis tyd vir grondonteiening in Namibië. Wat het jy te sê oor my land? Jy weet boggerol van wat hier aangaan.

Ek is baie bly dat jy nie hierheen wil kom nie. Net so bly as mense soos jy reken my land het nie emigrasievoordele nie. Maar ek moet vir jou sê dat talle oud-Namibiërs die laaste jare terugkom, en dié wat wil en nie kan nie om een of ander rede, huil lang trane.

SA bied lank nie meer veiligheid nie, dit weet jy self. Hier by ons is die lewe 100% veiliger. Jy hoef nie heeltyd oor jou skouer te loer of in jou pasoppens te wees vir die moordenaars wat jou en jou gesin se lewe wil neem nie.

Hoe minder moontlikhede hier vir fortuinsoekers is, hoe beter. Dit hou ongewenste persone uit. So bly daar in jou land, hopelik slaap jy snags rustig.

Steyn

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top