Hans Richardt en sy menseregte

  • 0

Hans Richardt

My Christelike Godsdiensreëls oortree nie die wette van die land nie, maar wel jou agnostiese interpretasie daarvan. Jy moet ’n belangrike aspek ingedagte hou – as jy die Woord van God verstaan het soos dit verstaan behoort te word, sou jy nie ’n agnostikus wees nie. Jou interpretasie daarvan is dus ’n bespotting vir jou eie insig (en dui op die gebrek daaraan) en is nie die kuberpapier werd waarop dit geskrywe is, nie. Dit geld ook jóú persepsie van wat die sogenaamde dilemma van die kerke en gelowiges (wat beteken dié terme vir jou?), wat jou eie dilemma vanuit die oogpunt van ’n agnostikus weerspieël, maar nié dié van Kerk en gelowige nie. Maar jý as erg misleide persoon is meer werd, daarom doen ek die moeite om jou te antwoord met ’n verduideliking.

Daar is ’n ander báie belangrike aspek wat jy in gedagte moet hou – Goddelike reëls is natuurlike, universele reëls van Geregtigheid. Wetgewing wat strydig is met God se universele reëls van Geregtigheid, veroorsaak mettertyd konflik, raak ongewild en word verwerp, ook deur diegene wat dit graag in die eerste plek wou afdwing. Níks is langdurig bestand teen Goddelike reëls van Natuurlike Geregtigheid nie. Só kan jy as persoon dan nie jou eie reëls maak omdat jy nie van die staat se ordereëls hou nie – jy sal ’n rukkie daarmee wegkom, maar mettertyd gaan jou eie reëls jou in konflik bring en jý sal die onderspit delf, nie die staat nie. Pas nou maar hierdie vergelyking toe op die groter, breër konsep van ’n staatjie wat wetgewing promulgeer teen die universele Goddelike reëls van Geregtigheid in. Mettertyd stort daardie bestel ineen – hou die geskiedenis dop.

Dus, die “konsep van God” waarna jý neerhalend verwys, is véél ouer as enige van die volkere wat vandag die aarde bewandel en ook meer gevestig is enige reëls wat deur jou “moderne” samelewing gepromulgeer word. Maak tog jou oë oop – in dié demokratiese “menseregte” land met sy “menseregte” wetgewing wat sekere natuurlike reëls van Geregtigheid wil omvêrwerp, is daar géén harmonie en vrede nie – jy lewe in ’n polisiestaat (as jy in Suid-Afrika woon) waar hoogs ongewilde wetgewing met drakoniese polisieoptrede afgedwing moet word. Daar is geen verskil tussen dít en die destydse Stalin en Brezhnev se kommunistiese drakonisiteit nie – net die reëls verskil, maar is ewe ongewild en onaanvaarbaar vir die massa.

Die Goddelike reëls van Natuurlike Geregtigheid definieer al vir eeue der eeue wat misdaad en wat geregverdig is. Vir eeue al, het staatsbestelle wat hul eie verwronge definisie daaraan wou verleen, na een of ander kant toe, gekom, maar weer vergaan. Die rede? Kyk en sien, die massa van lewendes op aarde is gelowiges en glo in God met Sy Goddelike reëls vir natuurlike Geregtigheid en God inspireer hul daartoe – daarom het só ’n bestel en kán só ’n onnatuurlike bestel nie langdurig standhou nie.

Daarom sal ook dié kortstondige “menseregte” utopia waarin jy woon, wat eintlik ’n illusie is omdat dit ’n geforseerde Goddelose sisteem is, binnekort soos ál sy voorgangers in vlamme ondergaan en omdat dit Afrika is waarin jy woon, sal jý en dié soos jy, daarmee saam in vlamme ondergaan – is jy dan blind vir die werklikheid?

Ja, want is jy nie blind was nie, was jy ’n gelowige.

Kobus de Klerk

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top