Nee wat, Jaco, een keer ’n cheapskate altyd ’n cheapskate. Die desperaatheid waarmee jy jou blaps probeer toesmeer is te dik vir ’n daalder. ;-))
Liewe Hans, wat sou jy sê is die verskil tussen ’n hippie en ek? Texan Plain stink en strohrum is sleg. Been there, done that. Ek het ook na Leonard Cohen en Cat Stevens geluister. Dit, Hans, was baie jare terug toe ek geswot het. Gelukkig kom die meeste mense taamlik ongeskonde deur daardie stadium. Wanneer jou studentedae verby is, is dit ook tyd om aan te beweeg en die werklikheid te aanvaar. Dwelms en drank word dan ’n bysaak omdat die meeste base (ja, sommige mense werk vir base) nie gelukkig voel wanneer hulle werknemers dronk by die werk aankom of selfs glad nie opdaag nie. Nog erger as dit jou eie besigheid is. Soms egter, haak mense by daardie stadium vas. Dit veroorsaak dat hulle altyd soekend bly en voel dat ander hulle nie verstaan nie. "I was not made for this world." Dan swerf hulle of sonder hulle hulself af van ander. Hul "soulmates" stel hul telkens teleur omdat dié toe ook maar foute gehad het en word hulle dan beskuldig van "jy is maar nes al die ander!" En só kan ek aangaan en aangaan. Suid Afrikaanse vroue was maar nog altyd ’n bietjie headstrong, Hans. As jy nie ’n wonderwerk verwag nie sal jy vind jy het die perfekte soulmate gevind.
🙂
Maya

