Hannes
Om in alles te glo, is om in niks te glo nie. Want in die alles is daar dit wat mekaar lynreg weerspreek en kan nie uit dieselfde mond bely word sonder selfbedrog nie.
Daar is nie meer as een weergawe van die Waarheid nie. Dit wat die heelal laat vibreer, is daardie Waarheid. Die res is aanhangsels – sommige opreg soekend, ander parasiete. Daarom is die Waarheid daar – vir jou om die onderskeid aan die hand daarvan te tref. Hoe kan die Waarheid die leuen verdra? As die waarheid die leuen sou verdra, sou dit ook leuen word, maar by die Waarheid is dit onmoontlik.
Jesus Christus die HERE ís daardie Waarheid – HY sê Self “Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. 7 As julle My geken het, sou julle My Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien.” – Johannes 14:6-7.
Dit is so ongeag die Christina Engela’s van die ou lewe.
Groete,
Kobus de Klerk

