Haikoes vir ’n vier-seisoene-vrou

  • 0

Haikoes vir ’n vier-seisoene-vrou

herfs

jy tooi jou hals met
oker en skud jou koper-
hare liggies los

somer

jy soen die see se
blinkerkop en offer jou
lyf aan die songod

winter

jy sleep jou sluier
soos ’n bruid in wit geklee
agter jou lyk aan

lente

jy trippeltoon oor
veld en boom en sing kleurryk
jou botliefdeslied

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top