Die beste haikoe-beoefenaar in Afrikaans is Eveleen Castelyn. Ook die fynste beoefenaar van die tanka. Veral in Minder as die engele (H&R, 1990):
Roosblare bêre
hartvormig in diep laaie
die as van liefde
In die eendeweer
loop die dakkie van my hoed
oor soos my gemoed
Kelke eendagmooi
blom in die nag leliewit
maagdelike dood
Joan Hambidge

