Wielewaal se fluit
oorwinter in Afrika
Koperkraan wat lek
Die indigo plant
en misgordel-skoenlappers
sterf in pas-de-deux
Vars dodemasker
Ou renoster geen horing
Hierdie wit bladsy
Alleen op die plaas
dans kraanvoëls op dun bene
in die lang rondeel
Amfiteater
Klein blouswael in sy kispak
swiep oor die veerman
Rooi koraalbome
Kil briesie in ambergras
Mierkaravane
Die moederplant brand
in haar blou koepel van glas
Verse is fynbos