
Haikoe ter nagedagtenis aan Ingrid Jonker
Haar diep seer geheim
Lê rugkant van reënboog
Waar niemand kan sien
2.
hulle ruik reën
versamel haastig stokkies
op pad na somer
![]()
3.
hoog in die Andes
sweef die kondor op die wind
alles vrees wat leef
4.
wat ’n groot verlies
vere bloed in hoenderhok
prêriewolf was hier
5.
tifus maltakoors
droes laat my bedel op straat
my plaas lê verkoop
6.
hipochoristies
speel noordpoolvosse in sneeu
wit pelsies op pad
7.
my noktifobie
laat my heelnag kerse brand
gee my lig en son


