Nog een bloedrooi blom
Suikerbekkies in my bors
Net nog een gedig
Klein geel orgidee
op die houtkissie met as
My ma se borsspeld
In ’n grot van glas
pak ons spirale van klip
Sillabes en jambes
Dowe gemmerkat
by skelpienk asaleas
Sonnet in die sneeu
Die stil borduurnaald
Malvas in haar vensterraam
Ek pas haar jas aan
Wit is die winter
Wit die ouvrou se vlegsel
As in die vuurherd