Haikoe-kompetisie: Haikoe-gedig deur Dalena Theron

  • 0

trek die wolk ’n baard 
oor die son se sagte sweef
toe die reën uitbars.

kletterend oor paadjies
loop stroompies handjies water
Was hierdie stad, Heer. 

hier waar die riool 
stort soos ons sondes vanaand
kyk ons anderpad

eerder die mango's
ruik hulle klam geel vingers
klouend aan jou baadjie

of botterbroodjies
so sag in metro-tonnels
waar treine ons trap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top