Haikoe-kompetisie: Eerste 10 Haikoes deur Pieter Strauss

  • 0

haikoe 1

haikoes maak hy staan
`n kapstok om sy kommer
naglank aan te hang

 

haikoe 2

die kokerboom sug
val teen Richtersberg se rug
`n gat in die lug   

 

haikoe 3

die vuurhoutjiebos
vlam so fel vanjaar
vonke sputter in my los

haikoe 4

die vinknessie hang
klein planeet in die heelal
`n bondeltjie bang

  

 

haikoe 5

die mank tarentaal
kloekroep, swets, skree halt
vaal veertjies op asfalt

 

haikoe 6

die driedoringbos
strooi confetti na die son
wrede bruidegom

 

haikoe 7

bleek ster in die lug
breek los, trek `n  streep
deur Venus se gevreet

 

haikoe 8

twee skoenlappers fladder vry
deur die stroewe lug
tussen jou en my

   

 

haikoe 9

die swerfswael messel
`n laaste droom uit haar bek
voor sy sonlangs vertrek

haikoe 10

`n bros spens vol son
kokerboom bêre daarin
`n bottergeel blom

  

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top