
’n blaar val af
skielik in ’n waterplas
ritteltits van sterre
stofpad se kronkel
aalwyne teen ’n rantjie
oog se nattigheid
eerste reëndruppels
trap spoortjies in droë grond
die reën neem dit weg
huisie in ’n kloof
dig toe teen die stormreën
varkblom in ’n vaas
’n horlosie slaan
wind laat ’n windklok rinkel
waai duifeierdop
die sterre skitter
ver weg is ’n hond se blaf
onbekende werf


