Haikoe-kompetisie: 6 Haikoes deur Anneli Lanyon

  • 0

 

Die trane rol saggies
oor die gesig van Afrika
Die droogte is gebreek

Sy vra vergifnis 
en troos die dier wat versmoor
Die aasvoëls staan nader

Nuwe lewe bars
uit die are van die aarde
Die winter is dood

Die donderwolke
rol met ru geweld nader
Die boer glimlag tevrede

Die wolke bars uit
In ’n duisend kleure
’n dag is gebore

Sy gooi haar arms oop
Sy reik op na die hemel
Die stootskraper staan nader


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top