Anneli Lanyon

Anneli Lanyon is gebore en steeds woonagtig in Pretoria. In 2008 voltooi sy haar B.Com. Interne Oudit graad aan die Universiteit van Pretoria en volg die studies op by UNISA met ‘n honneursgraad in Besigheidsbestuur. Van ’n vroeë ouderdom word verskeie van haar gedigte in bundels gepubliseer en in 2012 verskyn ’n kinderboek “Bettie vang skoenlappers” onder haar naam. Haar ware passie vir die natuur, avontuur en romanse word egter vir die eerste keer vasgepen in Koninkryk van die goggas, ’n roman geïnspireer deur die klanke van die rou Afrika bosveld.  

Haikoe-kompetisie: 6 Haikoes deur Anneli Lanyon

Anneli Lanyon 2012-12-05 Anneli Lanyon se inskrywings vir ons haikoe-kompetisie.
Top