Haikoe-kompetisie: 5 Haikoes deur Hettie Rademeyer

  • 0

 

 

Tyd

Swart geklotste rivierrotse
met waterstraatjies se naam
is tyd.

 

Broeiery

Jy boer beeste ek met woorde
kalwers, haikoes
ons heilige teelgoed.

Roete

Strooisels silwer goudgeel maan
geplaveide weë waardeur
ons woorde gaan

 

Wagters

Berg Nabome
silhoeët kandelare
wat die laaste lig vang

 

Voorsorg

My ketel sing
oor die hardekoolhout in my haard
hierdie winter

 

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top