Haikoe-kompetisie: 5 Haikoes deur Elize Parker

  • 0

 

 

haikoe 1

rûe geboggel
bollewange gasvlamblou
skropskop spikkelvoëls

 haikoe 2

papierdun my hart
’n sewejaartjieblaartjie
perkament polsslag

 
haikoe 3

sade spleet naatlangs oop
najaar plof met ’n soetjie se plofslag 
skiet bomelobbe hoop

 
haikoe 4

rotshorisonne
donsvere in dun skeure
klipvoël in seevlug

 
haikoe 5

soos strandkapok lê
die see se vroeggety-oes
skulpdakke na bo

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top