
Broos is die steenbok.
Dun-dun beentjies. Als is fyn
– net die traanklier nie.
Wat was tussen ons
is begrawe, maar groei nog
soos dooies se naels.
Motors in die nag
is ons: reisigers agter
eie ligte aan.
0
Broos is die steenbok.
Dun-dun beentjies. Als is fyn
– net die traanklier nie.
Wat was tussen ons
is begrawe, maar groei nog
soos dooies se naels.
Motors in die nag
is ons: reisigers agter
eie ligte aan.
0