
haikoe 1
die grasbale is
opgewende woorde oor
kaal wintersvelde
haikoe 2
uit die plat kroon van
’n papierbas peul oral
bloedige pangas
haikoe 3
wys my jou poësie
ek wil my tong verstout in
jou kliteratuur


