Gupta bohaai ... storm in teekoppie ...

  • 0

Shaaim, Suid-Afrikaners verstaan blykbaar nie hoe die wêreld wentel nie ... ek meen, na 911, was die enigste familie wat toestemming kon kry om te vlieg die ... Bin ladins!!

Uit die VSA uit ...

In die VK en EU is die derduisende kastige prinse en prinsesse van Arabia kroonwild! Hulle mag geensins gestop, of gearresteer word nie al steel en plunder en pleeg hulle misdaad links en regs!!

Wat doen die Guptas wat so verkeerd is wonder ek???

Ek lees op VB:

Suid-Afrikaners moet dankbaar wees vir die beleggings wat die Gupta-familie na die land bring, het die sakeman Atul Gupta Vrydag gesê.

“Daar is so baie om te sien ... Honderde mense kry werk, en daar is ’n hupstoot vir toerisme,” het hy aan die SAUK gesê.

Die Gupta-familie vier tans die troue van die 23-jarige Vega Gupta met Aakash Jahajgarhia in Sun City.

Atul Gupta is die voorsitter van TNA Media, wat deur sy familie beheer word en koerant The New Age uitgee. Die groep besit ook ’n groot belang in Sahara Computers.

Gupta verstaan nie hoekom daar ’n bohaai was oor die feit dat ’n straler wat deur sy familie gehuur is Dinsdag by die Waterkloof-lugmagbasis geland het nie.

“Ek weet nie wat hulle wil hê nie ... Die vliegtuig het toestemming gehad. Geen vliegtuig in die wêreld kan sonder toestemming land nie.”

Regeringsdepartemente het ontken dat hulle toestemming gegee het vir die vliegtuig om by die basis te land. Die departemente het aparte ondersoeke van stapel gestuur om die saak te ondersoek.

’n Top-ampsdraer in die regering en die Indiese Hoëkommissariaat het blykbaar agteraf gekonkel om te verseker dat die Airbus vol gaste vir die omstrede Gupta-troue op die lugmagbasis Waterkloof kon land, het Beeld gister berig.

Die eerste kop wat gerol het, is dié van die Suid-Afrikaanse hoof van staatsprotokol. Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) het gisteroggend vroeg bekend gemaak Bruce Koloane is op verpligte verlof.

Shaaim, mensies in SA kop steeds nie ... die wêreld word al laaankal regeer deur mense met geld ... of dink julle enige een van die 400 stinkrykes in die VSA bv, wat feitlik al die geld daar besit line op by die doeane???

Fok tog, toe Paris Hilton hier was vir die FIFA WB het sy gearriveer in haar eie aerie, maar sy is mos blond en dikwels op dagga ... dit maak haar seker koel ...

Go Guptas, ek laaik julle !!!!

Francois Williams

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top