Groengode
Meet my gewete met ? magneet
Verdrink in alles wat jy wil weet
Hierdie egte waarheid kan hard steek
en jou verstand-osoon in stukke breek
Hou jou wys styf vas in hare en hande
en beheer jou bewebene of jou skande
Gun jouself jou groengode, maar gil
want jy is die eerste een wat kan
Die enigste een wat wil
Keer die swartwild in jou oë
Keer die warm rug, dis branderig
Keer, keer, elke keer is ? eerste keer
Keer dit dié keer, maar dit kom weer
Slaap soet in jou siel se sonde
Want in jou wakkerbed lê jy en mors
En wag die nag jou in met donker wonde
As jou groengod homself op jou forseer
Jy maak ? ander mens ? beter wens
en maak ? halwe mens ? hele mens
Al jaag jou gisterspoke jou die bosse in
en maak die paaie voor jou net gebroke sin
Keer die groengod in jou oë
Keer die warm rug, dis branderig
Keer, keer, elke keer is ? eerste keer
Keer dit dié keer, maar dit kom weer
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


