Gravy train na Bloemfontein
Ons ry die gravy train na Bloemfontein
en hou indaba* en legothla*
ons praat praat praat om ‘n tafel
Daar loop rioolwater in die strate
en een vir een vou die stadsrade
maar daar’s mineraalwater op ons tafels
Ons ry die gravy train na Bloemfontein
en eet soesji van mekaar se lywe
help jouself, dis alles mahala*
Ons het ‘n jong democracy
en ons speel monopoly
gooi die dice, vat die plaas
En betaal aan community chest
kry ‘n tender, help jouself
dis als pasella*, dit kos nada*
Wie slaan die professore
en plak stiekers op die borde
waar is Mandela – rylaan
Of is dit Going back west?
ons ry die gravy train na Bloemfontein
en hou indaba
En drink jy Blanc de Blanc
of Johnny Walker Black –
maak nie saak, dis jou reg
Op die gravy train na Bloemfontein
* indaba, letgothla = praat, vergadering hou
* mahala, pasella = verniet
* nada = niks
![]() |



