'k vat-vat aan nog ‘n verjaardag (‘n voet van die graf)
wonder of daar iets in die yskas
hoor helikopters militêr torring
sien skuins verby die hede
sien dis kaas wat ek wil hê
staan voor nog ‘n verjaardag (een voet se tone ruik die graf)
speel maar ek’s koel oor die saak
voel my kop draai van helikopters
raak gou aan my tone
kwel my oor omtrent alles waarvan ons weet
probeer nie dink aan die onuitgesorteerde res
dink aan nog ‘n verklaardag (een voet se tone by die graf)
begryp hier en daar is altyd probleme
hoor sê KONYNE!
droom van ‘n gewone meer in ‘n blou bos
probeer verstandig optree in die droom
hoop om ten volle by my verstand te kan bly
loop na die kaas
vat-vat aan die verjaardag (so op my tone reeds)


Kommentaar
Dis nie van te veel tone nie maar van te veel eet dat party van ons vinniger by die graf aanland.