Goggaliefde
Ou Magrietjie is ’n kriekie
en sy speel so mooi viool
in die goggatjie-orkes daar by die voor
met haar blinkswart vlerkies en haar spits gesiggie fyn
het sy Sonbesie se hart bekoor
Oe-a-la
Oe-a-la
Oe-a-la-la
Oe-a-la
Oe-a-la-la
Sonbesie, die fluitspelertjie, fluit sy liefde uit
o Magrietjie, jy's my kriekie, jy's my maat
Maar die twee het ’n probleem
wat die twee in ag moet neem:
is die ene wakker, wil die ander slaap
Oe-a-la
Oe-a-la
Oe-a-la-la
Oe-a-la
Oe-a-la-la
Nee Sonbesie, jy't nie gees nie – kyk, al is jou vlerkies blink
word jou fluitjie al hoe flouer teen die aand
maar Toktokkie het ’n klokkie wat so soet en suiwer klink
my viool en klokkie sing so pragtig saam!
Oe-a-la
Oe-a-la
Oe-a-la-la
Oe-a-la
Oe-a-la-la
![]() |



