Angus,
Teen hierdie tyd behoort jy al te weet dat, om die Bybel soos enige ander letterkundige werk en ’wetenskap’ te ondersoek en te ontleed, moet jy kennis hê van jou vakgebied – en waar is die agnostikus en die sekularis wat die nodige kennis, die spirituele vermoëns en die spirituele insigte en intelligensie het om dit te doen? Daarom is jul poging by voorbaat ’n groteske misoes. En jul onwetenskaplike vooroordeel maak als by voorbaat sommer af, ook.
Van wetenskaplike metodes, is daar by julle dus geen sprake nie – julle is bevooroordeeld, doelbewus selektief, en daarby onkundig in, en doelbewus skugter vir, die enigste basis waarop die Bybel behoorlik ondersoek en getoets kan word – in die Spirituele realm – julle faal dus voor julle begin het.
En ons lag vir julle – julle poginkies gaan net die geloof van mense versterk – want mense kom alreeds toenemend agter hoe pateties ontoereikend jul kennis en vermoëns is. Het jy werklik gedink enige religieuse en gelowige mense (sowat 99% van die wêreldbevolking) sal hulle aan julle steur? Wat nog te sê, die meer as twee biljoen Christene? Hoe ontsettend dom-vermetel en insigloos van jou…
Tóg, jou uitbarsting is te verwagte, nadat jou Godslasterike snert van die laaste tye weereens aan die kaak gestel is, en nóg ontbloting daarvan is onderweg - is dít hoe julle te werk sal gaan? Jou laaste tyd se poginkies hier? Jy besef natuurlik met watter klug jy jou lewe probeer lei, maar weet nie watter kant toe om daar uit te kom nie… en nou manifesteer jy.
Jou kuber histerie is soos ’n kleutertjie wat voor ’n volwasse kragman staan en waarsku hoe hy die volwasse man gaan pak gee – jou arme pateet – kan jy nie op ’n manier probeer om weer terug te kom aarde toe, nie?
Dus, jy slaan die verkeerde rigting in ...
Verstaan dit - jou ou patetiese kuberstemmetjie en histerie is soos ’n onwelkome en onwelriekende buikwind van ’n onopgevoede kleuter in goeie geselskap. Jy word kopskuddend aangekyk daaroor en dit word gevat van wie dit kom – jy weet nie van beter nie. Jy is een van ’n paar geringe, spiritueel onopgevoede (van die ergste graad – iemand wat sy opvoeding verwerp), swakkelinge wat hulself nie kan help nie, omdat die beste en belangrikste deel van hul lewe, hul spiritualiteit, nie vir hulle toeganklik is nie, weens verkeerde lewenskeuse en verworpe opvoeding – ’n patetiese histeriese gillende ou klompie kleutertjies wat volwassenes probeer stilskreeu. Meeste mense ignoreer julle weens julle onbenulligheid – ek probeer nog uit deernis om julle op jul snert te wys sodat julle darem iets het om oor te besin, as julle die keer daartoe instaat is.
Vir jou inligting – Ek het goeie nuus vir jou, boetman. Geen tyd is finaal verby nie, geen dae is finaal verby nie – selfs nie vir jou nie. Só is die Genade van God. God se Woord gaan, in teendeel met jou geskreeu, van sterkte na sterkte.
Dus, jou histeriese tirade is nie die kuberpapier werd waarop dit geskrywe is nie, want wat jy oor God te sê het, dra vir niemand, hoegenaamd niemand, enige gewig, behalwe nét vir jou self, nie – let op:
Wat Godslastering aanbetref – as jy nie betyds herroep of besin nie, sál jy op die Oordeel voor die God kruip, van Wie jy meen, geen lastering moontlik is, nie. Daardie Dag sal jy intens weet en verstaan, wat Godslastering is, want jy sál tot verantwoording geroep word vir jou Godslastering, so waar as wat God leef ...
Kobus de Klerk


Kommentaar
Is ons nie gelukkig dat ons leef in die 21ste eeu waar mense soos Kobus net kan dreig oor wat hulle god aan die godslasteraars op die dag van verantwoording gaan doen. Net 'n paar eeue terug sou hierdie selfde lot die fakkel in die hout gedruk het en die seën van hulle god ontvang het.
Soos gewoonlik Kobus de Klerk. Jou spirituele intelligensie is niks anders as hartelose farisese en skrifgeleerde haat nie. Besin tog. Jou "begaafde intelligensie" verander na net 'n paar daggies van jou sterwe in verrottend stinkende sop. Dis ons harte wat die ewigheid betree. Wie het jou god gemaak om jou so oor ander se harte uit te spreek?
Chris, 'n Paar eeue gelede, soos jy se. Kom gerus terug na die hede.
Hulle het dit destyds nie vir God gedoen nie, want die HERE verbied sulke optrede. Vir hulle eie mag en aansien, wel. God is die Eienaar van alle lewe - joue ook. Dit is God se prerogatief om uiteindelik van nuttelose lewe ontslae te raak. As jy dan reeds weet dat jy op koers is na die brandstapel van die ewigheid om as nuttelose kaf verbrand te word, waarom doen jy nie iets daaraan nie?
Of wil jy ook 'n hero wees, 'n martelaar... vir wie? Vir die satan? Dit is hoeka hy wat die vlam onder jou jis dan sal brandmaak. My advies is, laat staan jou vals bravade en word nederig. Daar is nie sprake van brandstapels langs daardie weg, nie. Groete, Kobus de Klerk
NS – Cornelius, jou hart is nie God nie, maar die sop waarvan jy praat. Staak asseblief jou onsinnige geteem.
So vroeg al, die grootste grap van die jaar: Kobus beweer om 'n letterkundige werk te beoordeel het jy spirituele vermoe as kwalifikasie nodig. Sover my kennis trek, bied geen taaldepartement by enige van die land se univeriteite 'n kursus in spirituele vermoe nie. Kobus se spirituele vermoe (wat dit ookal mog wees) kan miskien nuttig wees met die beoordeling van Suid-Afrikaanse Goelstories deel I en deel II, maar ek is bevrees, selfs met die beoordeling van die Bybel lei dit hom van die wal tot in die sloot.